Een miljoen Suid-Afrikaners tussen 35 en 49 jaar registreer vir inenting

Met Suid-Afrika se inentingstrategie wat gister vir mense in die 35 tot 49 jaar ouderdomsgroep geopen het, het meer as een miljoen mense nou reeds in die afgelope 24-uur, vir hul inspuiting geregistreer. Die land se nasionale gesondheids-departement sê mense in dié groep sal van 1 Augustus hul inenting ontvang. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.