SA Raad van Kerke vra vir amnestie-tydperk vir plunderaars

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wil hê die polisie moet ‘n amnestie-tydperk van een week verklaar om plunderaars in Gauteng en KwaZulu-Natal aan te moedig om gesteelde goedere terug te gee. Die raad vra die polisie om niemand in hegtenis te neem wat bereid is om dit te doen nie. Die SARK sê die amnestietydperk kan dien as ‘n helingsveldtog om ‘n positiewe maatskaplike gewete te herstel. Die raad doen ook ‘n beroep op die regering om ‘n ekonomiese herstelfonds te oorweeg in ‘n poging om ekonomiese hervorming te versnel.