Presidente Ramaphosa en Biden gaan in Washington vergader

Die Withuis het aangekondig Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal sy Amerikaanse eweknie, Joe Biden, op 16 September in Washington ontmoet. Die Amerikaanse presidensie sê in ʼn verklaring die twee leiers sal hul pligte bespreek om die uitdagings vir die streek en die wêreld te oorkom. Die Russiese oorlog teen Oekraïne word nie gemeld nie, maar dit sal na verwagting hoog op die agenda wees. Amerika het die inval skerp veroordeel en steun Oekraïne, terwyl Suid-Afrika ‘n onverbonde standpunt inneem en nie kant kies nie.