Eiendom van N$25,5 miljoen in mosiehof opgeëis

Die mosiehof het vandag 96 aansoeke om verstekvonnisse hanteer waarvan 12 reël 108 aansoeke was. ‘n Totaal van 44 sake is deur kommersiële banke gebring. Twee voertuie is opgeëis met 20 eiendomme, waarop 25,5 miljoen Namibiese dollar geskuld word, wat ook agterstallig is. Daar was ook 22 lenings met ‘n waarde van 6,2 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is. Regters Orben Sibeya en Anne-Doris Hans-Kaumbi het die sessies hanteer. Op Maandag se rol is daar 44 onverdedigde egskeidings wat voor regter Eileen Rakow sal voorkom.