Ed Sheeran, Snow Patrol sing vir vlugtelinge

Kunstenaars soos Ed Sheeran, Camila Cabello, Gregory Porter en Snow Patrol is van die musikante wat bevestig het dat hulle aan ‘n vertoning gaan deelneem om geld in te samel vir slagoffers van die oorlog in Oekraïne. Die vertoning sal musiek kombineer met ander sterre en kortfilms wat erkenning gee aan voortgaande verligtingspogings en die probleme wat diegene wat deur die konflik geraak word, in die gesig staar. Die konsert vind volgende Dinsdag plaas by die Resorts World Arena, in Birmingham in die Verenigde Koninkryk.