Werkloosheid dryf ongelykheid

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Risiko-analise se adjunkhoof van navorsing, Gerbrandt van Heerden, sê werkloosheid is die hoofoorsaak van ongelykheid in die buurland. Volgens ‘n nuwe verslag van die Wêreldbank is Suid-Afrika steeds die land met die meeste ongelykheid. Gebaseer op die Gini-koëffisiënt vir verbruik of inkomste per kapita, is Suid-Afrika eerste onder 164 lande op die Wêreldbank se globale armoede-databasis. Van Heerden sê werkloosheid is die gevolg van swak regeringsbeleid.

Namibië is tweede geplaas as een van die mees ongelyke lande en het ook ‘n uiters hoë werkloosheidsyfer van 36 persent, waarvan die grootste meerderheid die jeug is.