Sisa se parlementêre reëls onderdruk opposisie – LPM

Die adjunk-leier van die LPM-party Henny Seibeb het tydens ‘n perskonferensie uitgevaar teen die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi. Hy sê ‘n verslag is deur die huis aangevra wat deur die bekende regsman Sisa Namandje voorberei is, om reëls ter ondersteuning van parlementêre staande komitees op te trek. Seibeb meen sekere bepalings in die dokument teiken hom en die partyleier Bernadus Swartbooi en onderdruk hulle reg om die ondersteuners te verteenwoordig, veral omdat die hooggeregshof in hul guns teen Katjavivi, rakende hulle skorsing uit die huis, bevind het.