Ebola: 7 in Uganda bevestig

Uganda het sewe gevalle van Ebola bevestig, insluitend ‘n man wat hierdie week gesterf het, met sewe ander sterftes wat ondersoek word as vermoedelike gevalle. Die Sudan-variant, wat in die land geïdentifiseer is, het nog geen entstof nie. Owerhede in die land het nog geen inligting oor pasiënt-zero nie maar, die ondersoek duur voort. Op die oomblik kom dit voor asof die uitbreking in middel September begin het in ‘n klein dorpie in Mubende-distrik in sentraal Uganda.