Mynbou-produkte en waardetoevoeging

Plaaslike ekonoom Cons Karamata stem saam dat waarde aan Namibië se mynbou-produkte toegevoeg moet word voor uitvoere. Dit is reeds jarelank ‘n uitdaging met die verskeie bronne wat in die land ontgin word, wat onverwerk die land verlaat. Maar, Karamata sê sou dit gebeur, moet ‘n hele nuwe sektor op die been gebring word.