Tutu se dogter mag nie peetpa se begrafnis waarneem nie

Die Kerk van Engeland het die dogter van wyle aartsbiskop Desmond Tutu verbied om haar peetpa se begrafnis waar te neem omdat sy in ‘n selfdegeslag-huwelik is. Mpho Tutu van Furth is gevra om gister die begrafnis van Martin Kenyon waar te neem. Die Kerk van Engeland sê hy laat nie sy predikante toe om in die huwelik te tree met persone van dieselfde geslag nie. Die begrafnisdiens is van die St. Michael and All Angels Church na ‘n markiestent verskuif sodat Tutu van Furth in ‘n nie-amptelike hoedanigheid kon optree. Sy sê die besluit het haar seergemaak.