eBay verbied roubeklaer bandjies op sy platform

eBay het die verkoop van armbandjies wat aan mense gegee was om eer te betoon aan koningin Elizabeth terwyl sy in staatsie gelê het, verbied. Roubeklaers het hul gebruikte bandjies, wat elke dag ‘n ander kleur was, op die platform te koop aangebied. Bieë het tot in die duisende opgeskiet – insluitend op ‘n goue bandjie, wat op Vrydag 16 September uitgereik is, dieselfde dag waarop David Beckham tougestaan het om sy respek aan die koningin te betoon. Die verkoper het gesê die voormalige Engelse sokkerkaptein was ongeveer ‘n uur voor hulle in die tou, en dat hulle net voor 06:00 by die tou aangesluit het. Die bandjie het 2 550 Britse pond, of net meer as 51 000 Namibiese dollar, behaal, alhoewel dit nie Beckham s’n was nie. Dit was ook nie verkoop nie omdat alle bieë gekanselleer was.