China verhoog besteding op steenkool

China het die besteding aan steenkool verhoog as gevolg van uiterste weer, ‘n binnelandse energiekrisis en stygende brandstofpryse wêreldwyd. Dit laat kommer ontstaan of dit Beijing se beleid in die stryd teen klimaatsverandering kan belemmer. Die land is die wêreld se grootste vrysteller van kweekhuisgasse wat aardverwarming aandryf, en president Xi Jinping het as deel van ‘n wye reeks klimaatbeloftes, belowe om die gebruik van steenkool vanaf 2026 te verminder. Beijing het hom daartoe verbind om die piek van sy koolstof-uitsette teen 2030 te bereik en om teen 2060 koolstofneutraal te wees.