Eagles moenie onderskat word nie: Krieket Namibië HUB

Die Richelieu Eagles kom môre voor hulle grootste uitdaging sover te staan by die IKR T20-Wêreldbeker toernooi. Hulle sal sake uitspook met Australië by die Vivian Richards-stadion in Antigua. Na twee wedstryde is Namibië derde in Groep B met 2 punte en Australië is tweede met 4 punte. Australië het beide sy wedstryde gewen, terwyl Namibië een gewen en een verloor het. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, gesels.