Tuisgemaakte skoolvoedingsprogram vorder goed

Die Namibië tuisgemaakte skoolvoedingsprogram is ‘n inisiatief wat daarop gemik is om die lewens van Namibiese kinders te verbeter deur beter voeding, terwyl die plaaslike ekonomie ondersteun word. Die program is ‘n samewerking tussen die onderwysministerie en die Wêreldvoedselprogram. Skole wat aan die program deelneem, ontvang finansiële hulp om plaaslik geproduseerde kos te koop om maaltye vir skoliere voor te berei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ayesha Wentworth, die ministerie se direkteur van programme en gehalteversekering, vir ‘n opdatering van die program.

Die tuisgemaakte program is ‘n vlagskip onder die Namibië Skoolvoedingsprogram wat mieliemeel vir skoolgaande kinders voorsien. Wentworth sê daar is gereeld ‘n vertraging in die proteïenvoorraad wat uit Suid-Afrika ingevoer word.