Beesvleis forum sê nee vir Witvlei

Die Beesvleis Waardeketting-forum het meer inligting bekend gemaak oor die nuwe venster vir beleggings tussen 19 Augustus en 9 September. Volgens die forum is die redes tweeledig. Eerstens, talle produsente moes wag vir fondse om beskikbaar te wees en tweedens, om ‘n 100 persent produsent aandeelhouding te verseker. Die forum sê verder dat sodra die voorwaardes van die onlangs ondertekende Brukarros Meat Processors ooreenkoms nagekom is, sal moontlike herlewing van dié aanleg plaasvind. Verder sê die forum dat Witvlei nie aan hulle vereistes voldoen nie, terwyl Meatco nie daarin belangstel om saam te werk nie. Die forum het bygevoeg dat hy nie Savanna Beef Processors as mededingend in die mark ag nie, maar eerder as ‘n bondgenoot deur die landbousektor aan te vul in ooreenstemming met Visie 2030 en die Harambee-welvaartsplan.