McDonald’s in Brittanje verhoog pryse 

McDonald’s in Brittanje het aangekondig dat hy die prys van ‘n kaasburger vir die eerste keer in 14 jaar sal verhoog. Die gewilde kitskos-maaltyd sal voortaan gelykstaande aan 24 Namibiese dollar 17 sent kos. Ander items op die ketting se spyskaart sal ook duurder wees, met McDonald’s wat die stygings aan die hoër brandstofkoste en die prys van bestanddele toeskryf. Slaaie en toevou-maaltye sal steeds dieselfde kos, maar die prys van ontbyt-maaltye, hoof-maaltye, groot koffies en McNugget-deelbokse gaan styg.