Dwelms in landelike gebiede wek kommer

Die Nyime teen-stroperyeenheid, wat saam met owerhede in Namibië werk om misdaad in landelike gebiede bekamp, sê die waardeketting wat boere toepas word gebruik om verskeie dwelms en ander swartmark-items na landelike gemeenskappe te versprei. Uys Prinsloo van die eenheid sê op die oomblik is daar uitdagings met onwettige Angolese whiskey sakkies, YES-sigarette en dan dwelms soos dagga, Mandrax, en kokaïen in poeier vorm sowel as stukkies, bekend as crack cocaine. In sy nuusbrief sê die Namibiese Landbou-unie boere kan saam met owerhede gereeld personeelbehuising deursoek en enige onreëlmatighede onmiddellik aan te meld, veral as daar vermoed word dat personeel of verbruikers of verkopers is.