PDM gekant teen Namcor se verkoop van sy Recon-aandeel

Die Popular Democratic Movement het met groot kommer kennis geneem van die voorgestelde planne van die Nasionale Petroleummaatskappy van Namibië, Namcor, waarin hy ingestem het om die helfte van sy belang van die petroleum-eksplorasielisensie in die Kavango-kom aan ReconAfrica vir ‘n totale bedrag van 414 miljoen Namibiese dollar te verkoop. Die beweging se skaduminister van myne en energie Jan Van Wyk verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hul teenkanting.