Tjippie-heffing bring onmin in SA

Die Suid-Afrikaanse konsultasie-onderneming, XA Global Trade Advisors, doen ‘n beroep vir die onmiddellike opheffing in die buurland van invoerheffings op aartappelskyfies en ‘n omvattende hersiening van alle heffings. Die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie het voorlopige teen-stortingbelasting ingestel op bevrore aartappelskyfies wat van België, Duitsland en Nederland ingevoer word of vandaar afkomstig is. Die uitvoerende hoof van die onderneming, Donald MacKay, sê gegewe dat skyfies in derduisende kitskos-eetplekke in townships regoor Suid-Afrika geëet word, is dit slegte nuus. Hy sê bykomende tariewe of heffings stoot die prys van voedsel op en maak dit moeiliker vir verbruikers om te bekostig.