Dwelms by Tsumeb-aanhoudingselle probeer insmokkel

’n Man is in hegtenis geneem wat glo onwettige goedere by die Tsumeb-polisie se aanhoudingselle probeer insmokkel het. Volgens Nampol het verdagte na die polisiestasie gekom en gesê hy soek skoonmaakwerk, toe beamptes agterdogtig geraak en sy sak deursoek het. Die polisie het tydens die soektog dwelms gevind en na ondervraging het dit aan die lig gekom dat die dit vir die aanhoudingselle bestem was. Die polisie het onder meer verskeie dwelmmiddels soos dagga en Mandrax en 60 sakkies Angolese whisky gevind. Die verdagte verskyn na verwagting vandag in die Tsumeb-landdroshof.