Nampol waarsku teen skelms by inkoopsentrums

Die misdadigers is hard besig om planne te maak om jou swaarverdiende kontant en waardevolle items in die hande te kry. Die publiek word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir rondloper misdadigers. Die jongste poging is dat wanneer jy na die winkelsentrums gaan vir inkopies, iemand jou sal volg en beweer dat hy jou kar gestamp het. Die skelm sal jou vra om na die skade te kom kyk sodat julle ‘n ooreenkoms oor die skade kan bereik. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek moet altyd op die uitkyk wees vir die rooi vlae.