Putin: Weste gebruik Oekraïners as kanonvoer

Vladimir Putin sê Westerse nasies se begeerte om oorheersing in die wêreld te handhaaf, verhoog die risiko’s van konflik. Volgens die Russiese President poog die Weste om sy politieke, finansiële, militêre en ideologiese oorheersing op enige manier moontlik te behou. Putin het via ‘n video-boodskap gepraat op ‘n beraad van ministers van verdediging van die Shanghai-samewerkingsorganisasie en ‘n groep oud-Sowjet-lande. Hy beskuldig die Weste ook daarvan dat hulle Oekraïne uitbuit en sy mense as kanonvoer gebruik in die konflik met Rusland.