Dwelmmisbruik styg in Zimbabwe

Dwelm- en alkoholmisbruik onder jongmense in Zimbabwe het dramaties toegeneem na die Covid-pandemie. Tendai Biti van die MDC-alliansie het op sy Twitter-blad geskryf dwelms is nou ‘n groot probleem in Zimbabwe. Hy sê een uit elke vyf jeugdiges is ‘n slagoffer van dwelms, alkohol of hoesmengsels. Biti sê die regime het nie daarin geslaag om die dwelmbase te hanteer wat sy makkers is nie. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus al hierdie dwelms word uit Suid-Afrika ingevoer.

Hy sê wat die regering moet doen om dwelmmisbruik in Zimbabwe te takel.