Afrikaanse Taalmuseum verbind tot inklusiewe verhaal

Die Afrikaanse Taalmuseum by die Paarl in die Wes-Kaap is verbind tot inklusiwiteit oor die monument en sy geskiedenis. Dit volg op ‘n onlangse oproep deur die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, om die woord “Afrikaans” uit sy naam te verwyder. Die museum se direksie en bestuur het die parlement oor sy jaarverslag ingelig en geen melding gemaak van Mthethwa se omstrede voorstel nie. Hulle sê hulle hoop om wanopvattings oor die Afrikaanse taal en die simboliek van die monument teen die hange van Paarlberg reg te stel.