Krieket Australië wil David Warner se lewenslange verbod ophef

Krieket: Die Australiese beheerliggaam het die weg gebaan om David Warner se lewenslange verbod as leier op te hef deur te vra die gedragskode moet gewysig word. Die 35-jarige Warner is in 2018 deur Krieket Australië vir 12 maande uit eersterangse krieket en lewenslank uit leierskapposisies geskors weens sy aandeel aan die berugte balpeuterskandaal in Suid-Afrika. Sedert Aaron Finch uitgetree het as die land se kaptein in internasionale eendagkrieket het stemme opgegaan dat Warner die rol moet vervul.