Dwelmhandelaar vas

Die Namibiese polisie sê hulle het beslag gelê op 24 000 Namibiese doller se kokaïen-poeier by die Otjiwarongo-Otavi padblokkade. Luidens berigte was die verdagte op pad vanaf Tsumeb na Windhoek en na die motor deursoek is, is 48 pakkies van die dwelms gevind. Daar was drie ander persone in die voertuig maar die Otjozondjupa polisie sê hulle kan nie verbind word met die dwelms nie. Die man sal eers môre in die Landdroshof op Otjiwarongo verskyn omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie. Owerhede vermoed die man is ‘n handelaar.