WGO sê nee vir inentingspaspoort

Die sogenaamde inentingspaspoort lok groot reaksie uit met verskeie lande, en rederye, wat voorstanders is vir die dokument. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy ondersteun nie so ‘n dokument nie omdat inenting nie noodwendig beteken dat Covid-19 nie oorgedra kan word nie. Die inentings tot dusver, verhoed net ‘n ernstige vorm van die siekte, sowel as hospitalisering. Die WGO sê ook hy is bekommerd oor moontlike diskriminasie teen diegene wat nog nie die entstof kon ontvang nie. Intussen ondersoek die organisasie tans die twee Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac en behoort teen einde April goedkeuring vir die gebruik daarvan te kan gee, al dan nie.