Dwelmhandelaar gesoek terwyl N$1,3m se dwelms in Junie gevind is

Die Namibiese polisie se direktoraat van misdaadondersoeke vra die publiek se hulp om ‘n vrou op te spoor wat verdink word van die handel in heroïen en die werwing van mense as dwelmmuile by Seeis in die Khomas-streek.  Die vrou is glo oorspronklik van Opuwo in die Kunene-streek. Intussen het NamPol ook aangekondig dat hy in Junie op ‘n groot hoeveelheid dagga, mandrax-tablette, kokaïenpoeier, stukkies kokaïen en aborsiepille by verskeie dwelmhandelaars landwyd beslag gelê het. Die waarde van die beslagleggings is 1,3 miljoen Namibiese dollar. Altesaam 104 vermeende dwelmhandelaars is as gevolg daarvan in hegtenis geneem, waaronder 98 Namibiërs, vier Angolese, een Tanzaniër en een Zambiese burger.