Amnestie vra ANC-regering om wapengeweld aan te spreek

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die regering moet daaraan werk om die volgehoue hoë vlakke van wapengeweld in gemeenskappe en die langtermyn- sosio-ekonomiese gevolge daarvan te bekamp. Dit volg nadat 15 mense die naweek by ‘n taverne in Soweto doodgeskiet is, vier in Pietermaritzburg, en twee in Katlehong. Die organisasie se woordvoerder, Shenilla Mohamed, sê maatreëls moet ingestel word om ‘n konteks van openbare veiligheid te skep, tesame met doeltreffende erkenning van menseregte en verantwoordbare wetstoepassingsagentskappe: