Duplikaat-fakture wek kommer in Gauteng

Die DA sê Gautengse regeringsdepartemente loop gevaar om diensverskaffers meer as een keer vir dienste te betaal. Die party se woordvoerder, Adriana Randall, sê verskaffers kan tans fakture op die elektroniese faktuur-indieningstelsel laai en indien die proses nie fyn dopgehou word nie, kan hulle twee keer betaal word vir dienste gelewer. Sy sê die provinsiale Gesondheidsdepartement het sedert April verlede jaar en Maart vanjaar 34 856 duplikaatfakture op die stelsel gelaai: