Christine sê sy het reeds kontrak gekanselleer

In ’n verklaring wat vanoggend uitgereik is, sê die ster-atleet Christine Mboma dat sy opdrag aan haar prokureurs, Francois Erasmus en Vennote gegee het om die kontrak met die Suid-Afrikaanse Newton Sports Agency te kanselleer. Sy sê daar was maande lank vrugtelose korrespondensie met hulle en die kontrak is op 7 September vanjaar skriftelik gekanselleer en dat dit wat deur Newton se prokureurs, Brookes Attorneys van Durban, erken is. Die kansellasie was gebaseer op Newton se versuim om betyds en omvattend te antwoord op haar eis om ‘n volledige en omvattende uiteensetting van haar finansiële sake met die agentskap te verskaf. Sy sê sy is besig om regsadvies in te win en sal nie verder kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.