Duitsland, nie Duitsers, moet verantwoording doen

Die kwessie van die Duitse volksmoord word in elke uithoek van die land bespreek en sorg tans vir ‘n warm debat in die Nasionale Vergadering. Dit het die parlement verdeel sowel as verskeie gemeenskappe in die land. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, is van mening dat Duitse Namibiërs nie verantwoording moet doen nie maar sê Duitsland moet tot verantwoording geroep word.