Tot 180 000 gesondheidswerkers dood aan Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat tussen 80 000 en 180 000 gesondheidsorgwerkers moontlik van Januarie verlede jaar tot Mei vanjaar aan Covid-19 gesterf het. Daar is wêreldwyd ongeveer 135 miljoen gesondheidsorgwerkers. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daadwerklike stappe moet gedoen word om gesondheidsorgwerkers wêreldwyd beter te beskerm teen Covid-19 en ander gesondheidskwessies. Hy sê data uit 119 lande dui daarop dat gemiddeld twee uit elke vyf gesondheidsorgwerkers wêreldwyd volledig ingeënt is: