Duitsland klassifiseer Namibië as hoë risikoland

Met die Covid-19 gevalle wat besig is om soos ‘n veldbrand versprei, is dit ‘n bron van kommer regoor die hele wêreld. Duitsland het onlangs vir Namibië onder kategorie vier ingedeel, wat beteken dat Namibië ‘n hoë risikoland vir Duitse burgers is. Hierdie aankondiging is uiters kommerwekkend vir die Namibiese toerismebedryf, wat reeds swaar getref is deur die pandemie. Kosmos 94.1 Nuus het die toerismekenner, Nrupesh Soni, gevra vir sy reaksie op die aankondiging.