Zimbabwiese vrou vandag in hof op moord op babadogter (3 maande)

Daar word verwag dat ‘n 24-jarige vrou vandag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga sal verskyn, nadat sy na bewering haar drie maande oue babadogtertjie vermoor het. Die skokkende voorval het Vrydagaand by Avontuur naby Middelburg plaasgevind. Die vrou en haar baba het by haar dogter se pa op die plaas, waar hy werk, gaan kuier. Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die man het met haar aankoms geweier dat hulle by die huis inkom.