Duitsers gevra om Kersliggies af te skakel

‘n Voorspraakgroep in Duitsland vra die regering om landsburgers aan te sê om vanjaar hul Kersfees-liggies af te skakel om energie te bespaar. Die oproep is weens Rusland se stewige houvas op die voorraad aardgas. Die Duitse regering het reeds maatreëls ingestel, soos die verlaging van die maksimum kamertemperatuur in openbare en kantoorgeboue en die afskakeling van die ligte van monumente, insluitend die bekende Brandenburghek. Die aktiviste-groep, Caring for the Environment, vra nou Kersfees-liggies in huise, woonstelle en stede moet vanjaar afgeskakel word.