Duitsers beboet Steinhof met R191 miljoen

Duitsland se finansiële reguleerder, BaFin, het Steinhoff met 191 miljoen Suid-Afrikaanse rand beboet vir die oortreding van finansiële regulasies in 2016/17. BaFin sê die kleinhandelaar het versuim om sy finansiële jaarverslag daardie boekjaar binne die voorgeskrewe tydperk beskikbaar te stel vir die publiek. Hy het ook versuim om kennisgewings vir stemregte binne die voorgeskrewe tydperk te publiseer. Steinhoff sê hy beplan om die boete in drie paaiemente van 63 miljoen rand elk te betaal, met die laaste betaling in September 2024.