Bergklimmers wag vir weer om K2-berg in Pakistan uit te klim

Food for Hope, ‘n Suid-Afrikaanse welsynsorganisasie, is besig om geld in te samel vir behoeftige kinders. Warren Eva wil met die projek Climb 4 Hope die K2-berg, bekend as Savage Mountain, in Pakistan uitklim om geld in te samel vir Food for Hope. Eva en John Black hoop om die toppunt van K2 einde Julie te bereik.  K2 is deel van die Karakoram-bergreeks langs die Pakistan-China-grens. Die twee bergklimmers kamp tans by die voet van berg en hou die weer dop voor hulle K2 kan begin klim. Linda Niemoller van Food 4 Hope gesels met Kosmos 94.1 Nuus.