Dokters moes reeds internskappe in SA begin het

Solidariteit in Suid-Afrika het ’n aanmaning aan die buurland se departement van gesondheid se direkteur-generaal gestuur omdat van sy lede steeds nie vir hul internskappe geplaas is nie. Hierdie dokters moes reeds met hulle internskappe begin het. Solidariteit sê hy sal met regstappe voortgaan indien hierdie kandidate nie teen 16 Julie by internskappe geplaas is nie. Paul Maritz, bestuurder van Solidariteit Jeug het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.