Duitse grense oop vir Namibiërs

Die Duitse regering het alle beperkings vir Namibiese burgers opgehef. Volgens die Duitse ambassade in die hoofstad, sal reis vir enige doeleindes van vandag af toegelaat word. Alle Namibiërs bo die ouderdom van 12 jaar oud moet of ‘n negatiewe Covid-toets of sertifikaat van inenting verskaf of toegang tot Duitsland te bekom. Duitsland se Covid-gevalle styg sedert begin Oktober en owerhede in die land het reeds kommer uitgespreek oor ‘n moontlike vierde vlaag infeksies.