Nadal moontlik weer Des. in aksie

Die wêreld se gewese nommer-een-speler, Rafael Nadal, hoop om volgende maand weer te begin speel. Die Spanjaard, wat tot die vyfde plek op die jongste wêreldranglys teruggesak het, word deur beserings geteister en hy het kort ná hy teen Novak Djokovic van Serwië in die Franse Ope verloor het, aangekondig sy seisoen is verby. Hy het Wimbledon, die Olimpiese Spele en die Amerikaanse Ope misgeloop. Nadal wil volgende maand aan die Wêreld-tenniskampioenskap in Abu Dhabi deelneem, om gereed te wees vir die Australiese Ope in Januarie.