Noordwes-premier bedank vandag

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het aangekondig hy gaan vandag sy bedankingsbrief indien.Hy het Woensdag met President Cyril Ramaphosa ‘n gesprek gehad. Hierdie stap kom nadat die ANC se tussentydse provinsiale komitee verlede week aangekondig het dat Bushy Maape Noordwes se nuwe premier sal wees.Volgens bronne naby aan die premier het hy aanvanklik gevoel hy gaan nie bedank nie. Mokgoro het egter toegegee hy sal bedank nadat hy die saak met Ramaphosa bespreek het.Mokgoro was drie jaar premier in Noordwes wat steier onderdiensleweringsprobleme, onder meer weens verlammende faksiegevegte binne die ANC.