Duisend verdagtes in Gauteng vasgetrek

Meer as ‘n duisend verdagtes is die naweek in Gauteng aangekeer vir verskeie oortredings soos moord, diefstal, roof, verkragting en ander ernstige misdaad. Onder hulle is twee gesoekte misdadigers in verband met rooftogte aan die Wes-Rand. Polisiewoordvoerder Kay Makhubele sê een van die verdagtes is in Randfontein in hegtenis geneem vir die besit van ‘n polisie-uniform en ‘n ongelisensieerde vuurwapen.