Pensioenarisse van Keetmans skuld munisipaliteit byna N$7 miljoen

Pensioenarisse van Keetmanshoop skuld die munisipaliteit byna sewe miljoen Namibiese dollar in water- en elektrisiteitsrekeninge. Die dorp se skakelbeampte, Dawn Kruger, sê dit is die uitstaande skuld van pensioenarisse teen die einde van Oktober. Sy sê familielede rapporteer nie die afsterwe van ‘n pensioenaris nie en die raad sal ‘n amnestietydperk van vier maande vanaf 1 Desember 2021 tot 31 Maart 2022 toestaan vir familielede om oorlede pensioenarisse te registreer wat eiendomme op Keetmanshoop besit.