Kusdorpe moet steeds water bespaar

Alle inwoners en besoekers langs die kus moet steeds water tydens die feesseisoen bespaar weens watertoevoer-uitdagings. NamWater het reeds die munisipaliteite van Swakopmund en Walvisbaai ingelig dat water-rantsoenering as voorkomende maatreël toegepas sal word om te verseker dat die kusdorpe se krane nie leegloop nie. Die Walvisbaai-munisipaliteit maan sy inwoners van dié hawedorp en Langstrand dat lae waterdruk reeds ervaar word. Tot 18 Januarie 2023 sal waterrantsoenering vanaf elf-uur saans tot soggens vyf-uur plaasvind.