Duidelik g’n kind of kraai by die huis nie

Die Russiese ruimtevaarder Oleg Kononenko het ‘n wêreldrekord opgestel vir die totale tyd bestee in die ruimte, meer as die 878 dae wat deur sy landgenoot Gennadi Padalka gehou is. Hy het Sondagoggend die rekord gebreek en het steeds geen planne om terug te keer aarde toe nie. Op 5 Junie sal Kononenko na verwagting ‘n totaal van 1 000 dae in die ruimte bereik en teen einde September sal hy 1 110 dae geklok het. Hy sê hy vlieg rond in die ruimte omdat hy dit geniet, nie om rekords op te stel nie.