Arbeid se aanlynportaal bly belangrik

Die arbeidsministerie se aanlyn stelsel vir werksoekers het tans net meer as 2 600 werksoekers maar, daar is nie veel beweging nie. Net minder as helfte van die getal, 1 270 het looplaan-leiding ontvang maar in sy verslag vir die derde kwartaal maak die ministerie geen melding van enige plasings nie. Die sekretaris-generaal van Tucna, Namibië se vakbondkongres, Mahongora Kavihuha sê die stelsel speel eintlik ‘n baie belangrike rol.

Kavihuha hou voet by stuk dat dit dit wel makliker maak vir werkgewers wat vakante poste het.