Waar het die sensus-geld vandaan gekom?

Vrae het ontstaan oor die befondsing van die nasionale sensus. Die Tender Bulletin berig dat die 706 miljoen Namibiese dollar wat begroot is vir die Nasionale Beplanningskommissie nie in die administratiewe kluster se ontwikkelings program verskyn nie. Inteendeel daar was geen geld aan die kommissie begroot in die afgelope drie jaar nie ten spyte van die aankondiging deur die minister van finansies. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Statistiek-agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni gepraat wat sê die geld is wel van die kommissie ontvang.