Dugina moord: Vrae oor Rusland se spoedige oplossing van saak

Rusland beskuldig Oekraïne dat hy ‘n vroulike sluipmoordenaar gestuur het om die dogter van President Vladimir Putin se getroue bondgenoot te vermoor. Darya Dugina is die naweek in Moskou dood toe die motor waarin sy gery het, ontplof het. Dit het aan haar pa, Alexander Dugin, behoort. Rusland se sekerheidsmagte sê die sluipmoordenaar en haar tienerdogter het verlede maand in die hoofstad aangekom en ‘n woonstel gehuur vanwaar sy navorsing oor Dugina gedoen het. Sy het blykbaar na die moord na Estland gevlug. Diplomate glo Dugin was waarskynlik die teiken en nie sy dogter nie. Kenners meen Rusland se storie maak geen sin nie en bevraagteken die spoed waarmee die Russe die moord opgelos het. Intussen sê die Azov-weermag, die vrou is nie ‘n lid van hulle soos Rusland beweer nie.