Desert Jewels verloor teen SA

Die Debmarine Desert Jewels is Maandag in hul tweede wedstryd deur Suid-Afrika met 66-38 in die Afrika Netbalwêreldbeker-uitdunne verslaan. Die Afrika Netbalwêreldbeker-uitdunne vir die Kaapstad 2023 Netbalwêreldbeker-toernooi word tot 27 Augustus in Pretoria gehou, waar nege spanne meeding. Namibië is in poel A, saam met gasheerland Suid-Afrika, Botswana, Tanzanië en Zimbabwe. Namibië het hul openingswedstryd teen Tanzanië met 54-41 gewen. Die Desert Jewels kom vanmiddag twaalf-uur teen Zimbabwe te staan.